Dankie Valuables Eiendomme

Liewe Leonard, baie dankie vir jou boodskap. Ek waardeer dit so baie. n Week of twee gelede was jy so op my gedagtes dat ek jou amper gebel het, maar toe dog ek, dalk onthou jy my nie eers meer nie! Toe het ek maar spesiaal baie vir jou en jou besigheid gebid dat die Here in al jou behoeftes sal voorsien. Ek sal nooit vergeet hoe n groot seen jy vir my was tydens ons huisverkoop nie. Groete, Irene