Goeie more Leonard,

Baie dankie ek erken ontvangs van betaling.

Leonard,

Van my kant af wil ek my opregte dank teenoor jou en jou span betuig vir die uitmuntende diens wat julle aan my gelewer het.

My geld was maandeliks op tyd inbetaal, onderhoud op die eiendom was van hoë staande gehalte en jy het altyd op my navrae reageer.

Dit was een loutere plesier om met Valuables Properties te werk.

Leonard net soos daar 'n raad of eiendomsorganisasie is waar mens jou misnoeë kan uitspreek wil ek jou vra waar ek ook jou diens kan prys asb, ek doen dit met graagte.

Ek sal nie skroom om weer in die toekoms van jou diens gebruik te maak nie.

Groete Sakkie van Der Merwe